Tuesday, October 23, 2007

PSA Dagboek

Goeie more

Dagboek solank die volgende datums en laat weet my of Lynette as jy/julle belangstel:

10 November

Droë duik: tot 50m diepte. As gevolg van die kostes vir die duik, benodig ons 10 persone, minimum 18 jaar oud, verkieslik 2-ster kwalifikasie of soortgelyk. Duik neem ongeveer 2 ure, met ‘n “briefing” vooraf. Jy kry ook ‘n sertifikaat en kan die duik “log”.

24 November

Kersfees ete: Meer volledige inligting sal later deurgegee word. Hou solank die aand oop

5-8 Desember

Interklubs – onderwaterhokkie – sterkte vir al die spellers. Daar is 3 spanne ingeskryf, waaronder ‘n dames kombinasie span.

21 April – 5 Mei

Worlds – onderwater hokkie toernooi

20 tot 31 April (of daarrond)

Mosambiek – Inhambane omgewing. Die klub wil in Mosambiek gaan duik. Die datums is gedurende die skool vakansie met Paasnaweek tussen-in – 21 tot 24ste.

Laat weet my of Lynette as jy belangstel om saam te gaan, dank an ons meer reëlings begin tref rakende plek, kostes en selfs datums – as jy dalk langer of later wil gaan.

25 April tot 4 Mei

Mosambiek / Plettenberg baai – as gevolg van die vakansie dae – Vryheidsdag en Werkersdag, is dit dalk ook ‘n goeie tyd om iets te reel. Laat weet asseblief as dit jou dalk eerder sou pas en of jy enige voorkeure het.

Februarie 2007

“Full face” duik. Ons wil reël vir ‘n duik met die vol gesig maskers. As jy sou belangstel, laat weet my dank an ons aangaan om ‘n duik te reël

Groete

Mireille

083 285 2983 of mirb @ ccarchitects. co. za

0 Comments:

Post a Comment

<< Home