PSA Projekte
Onthou asseblief die volgende datums:
Saterdag 1 September - Lentedag duik(e) by Miracle Waters
Selfs al dink jy die water is dalk te koud, kom saam en hou piekniek, braai 'n worsie of kuier net saam. Ons bespreek 'n lapa vir PSA. Laat weet my egter asseblief sodat ons 'n idee het hoeveel mense gaan opdaag. As jy nodig het om juou silinder vol te maak, kontak asseblief vir Andre Ferreira sodat daar 'n pomp-aand gereël kan word in die week. Andre 082 781 3277.
Vrydag 14 September - Klubaand by die klubhuis.
Ons gaan bietjie saam kuier en braai, probeer nog iets reël, sal laat weet. Daar gaan ook 'n paar buite gaste wees. Dagboek solank die datum en kom kuier saam, veral aangesien dit bietjie warmer al raak
"Chamber" duik - Alhoewel daar altyd heelwat belangstelling is, sukkel ons om hulle bymekaar te kry as daar 'n duik gereël word. As gevolg van die koste van so 'n duik, raak dit baie duur as ons nie 10 persone bymekaar kan kry vir die duik nie. Ons moes dan ongelukkig weer die droë duik afstel na 'n volgende poging.
Geniet intussen die naweek, sien julle die 1ste!
Mireille

0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home