Neem kennis dat 'n nuwe PSA nuusbrief uitgestuur is propvol baie belangrike inligting. Saam met die nuusbrief het 'n behoefte peiling en die nuwe jaar se klub-lidmaatskap vorm uit gegaan. As jy die voltooide behoefte vraelys terugstuur staan jy die kans om R150 afslag op jou 2007/2008 PSA lidmaatskap te wen. As jy nie 'n kopie van die epos korrespondensie ontvang het nie (Beskikbaar vir lede en nie-lede) los asseblief hier 'n comment en ek sal seker maak dat jy 'n epos ontvang.Projekte waarvan jy moet kennis neem:
25 Augustus: 50 m Chamber Duik. Ons het ten minste 10 mense nodig vir hierdie om te realiseer. Dit sal so 2 ure neem (10:00 tot 12:00), en jy moet ten minste 18 jaar oud wees en ‘n 2 ster duik kwalifikasie hê. Jy kan lekker genarc raak, hoor hoe jy met ‘n mickey muis stem klink en bietjie meer leer oor die fisika en fisiologie . R300 vir PSA lede (R350 vir nie-lede), Laat weet vir Mireille teen Woensdag 22 Augustus as jy belangstel. 1 September: Miracle Waters Lente Duik. Ons gaan lekker duik en piekniek hou by Miracle waters. Kom sluit gerus by ons aan.
14 September: Klub aand - Braai by die klubhuis. Bring jou eie vissie / vleisie en kom vang op op al die klub nuus.
19 – 21 Oktober: Aliwal duik naweek. Ons gaan ‘n bussie reël sodat jy rustig kan sit en kuier oppad soontoe en terug. Ons verwag groot vet haaie. Verblyf en vervoer kostes sal nader aan die tyd gefinaliseer word aangesien die hoeveelheid mense sal bepaal hoe die kostes opgedeel gaan word. PSA gaan waarskynlik ‘n huis huur vir die naweek. Laat weet teen 30 Augustus.
Oktober 2007: Een ster Kursus. PSA beplan om in Oktober weer ‘n een ster kursus aan te bied. Meer inligting sal nader aan die tyd deurgegee word. Kontak asseblief vir Andre Botha as jy weet van iemand wat belang stel.
6 -9 Desember: Onderwater Hokkie Interklubs in Durban. Dit was vroeer geskeduleer vir November. Aangesien dit aan die begin van die skool vakansie plaas vind, is dit nodig om so gou moontlik akkommodasie reëlings te tref.
26 April – 3 Mei 2008: Tofu in Mosambiek. Laat weet solank as jy belangstel. R200 per dag per persoon. Duike R200 per duik
KENNISGEWING: PSA Algemene Jaar Vergadering
Gewoonlik is September die maand waarin PSA sy algemene jaarvergadering hou, maar hierdie jaar, 2007, sal ons bietjie van hierdie tradisie afwyk. Op die 21ste Julie 2007 het klub komitee lede bymekaar gekom om die toedrag van sake te bespreek en met ‘n nuwe strategiese plan vorendag te kom. Die aspekte van hierdie plan word in hierdie nuusbrief gedeel. Aangesien die huidige komitee bietjie tyd gaan nodig hê om die nuwe plan in werking te stel, en uit te toets sal die nuwe jaar se AGM eers in 2008 gehou word. Indien enige lede graag betrokke wil wees by die komitee, kontak asseblief vir Lynette.
KENNISGEWING: CMAS SPESIALE ALGEMENE JAAR VERGADERING
‘n CMAS AGM is gehou op die 2de Junie 2007 waar ‘n groep instrukteurs gekies is om weer CMAS op koers te kry. ‘n Spesiale CMAS AGM word op Saterdag 18 Augustus 09:00 gehou by die Wits ouditorium om spesifiek die finansies van CMAS te bespreek. Al die in-datum Duikinstrukteurs en Dive Masters word versoek om dit by te woon. Kontak Andre Botha vir inligting
0 Comments:
Post a Comment
Links to this post:
Create a Link
<< Home