Klubaand & Website
PSA beplan 'n klubaand op 1 Sept. Kom ons maak dit 'n grote na die Winter hibernering! Die hokkie-ouens is baie uitgehonger vir 'n paartie. En ek is uitgehonger vir vis. So kom ons kyk of ons dit kan kombineer in die braai op 1 Sept 06 by die klubhuis. Laat weet vir Lynette as jy gaan kom / nie gaan kom nie. (Anders gaan 'n pes jou oorval wat maak dat jy kieue groei)
O ja – PSA het alweer ‘n website by www.pretoriasubaqua.za.org (Ja die adres is reg). Die ander een wat ons so paar maande gelede geloods het met groot fanfare het mos net een mooi dag verdwyn. Net so geheimsinnig soos wat dit op ‘n dag verskyn het. Iets te doen met die Afrikaanse spreekwoord wat begin: “Eers gegee en dan geneem…” }:)Die website is bietjie stadig en hy is nou nie deur “professionele web ontwerpers” aanmekaar gesit nie, maar hy sal maar moet doen vir nou. Enige iemand wat kritiek wil lewer is ook welkom om hulle naam op ‘n lys te sit vir ondersteuning en hulp met die onderhoud van die website. O ja – en ons het Afrikaanse en Engelse inhoud vir die web… so ek hoop nie ons gaan weer drieletter woorde kry as kommentaar oor die taal nie. Ons het net ‘n bietjie van 'n bandwydte probleem wat binnekort opgelos sal word, so loer gerus in oor so twee weke as jy die hele website wil verken.
En dan van die website os tot op my reenjas: Die PSA nuusbrief is laat, ja ek weet. Maar ek het net twee hande julle weet? Ek sal hom binnekort uitkry so kyk uit daarvoor in jou persoonlike private epos boksie.
Toedeldoo dan maar vir nou
Benita

0 Comments:
Post a Comment
<< Home