Terugvoer: Wondergat Naweek
PSA is 'n klub vir mense wat hou van water. Maar na hierdie naweek is dit nodig om 'n kwalifikasie by daardie stelling te voeg: Hulle hou van die tipe waarin mens duik en nie die tipe wat uit die wolke op jou tent val nie!
Hoewel Vrydagaand droog was totdat almal se tente opgeslaan was en daar darem 'n ou vleisie in die bord was, het dit laat Vrydagaand begin reën met mag en mening. Dit het die hele nag lank gereën. Teen Saterdag oggend het dit darem ligter gereën maar daar was sulke dik grys wolke saamgepak wat glad nie goeie nuus vir die res van die naweek voorspel het nie.
Toe gaan duik ons maar - heel bedremmeld oor die vernietigde vooruitsigte oor droë wetsuits vir die res van die naweek. En toe kom die son uit. En die res van die naweek het ons heerlike sonskyn weer gehad ten spyte daarvan dat daar 'n 60% kans vir reën voorspel was vir Mafikeng.
Die PSA lede wat dit tot by Wondergat gemaak het is dit eens dat dit toe alles die moeite werd was. Vir die ouens wat besluit het om weg te bly: Moenie volgende keer sulke prrrrrtsies wees nie!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home