
Blykbaar het die Mans A span vier taai wedstryde gespeel waarvan een in 'n swembad was waarin die sigbaarheid min of meer gelyk het soos Miracle Waters op 'n Sondag na 1000 duikers daardeur was. Maar hulle hou moed en het selfs een taai wedstryd gewen. Niemand stel krieket tellings op nie, so daar is nog hope veggees in ons PSA deelnemers. Die Mans B span het 3 wedstryde gespeel en die Junior Dames het die geleentheid gehad om hulle vaardighede teen die Springbok dames uit te probeer. Beslis 'n interessante interklubs! Die fototjies was die hokkie spelers deurgestuur het wys dat dit sommer 'n bloedige warm dag was.
Stuur gerus 'n boodskap van ondersteuning aan ons hokkie ouens op Eddie se selfoon: 0823205477. 

0 Comments:
Post a Comment
<< Home