Opgedateerde Jaarprogram - Solank
3 Maart: Miracle Waters Klub dag. Dit beteken ons gaan duik en braai! Kom saam. En bring jou gade / skelmpie en kinders ook saam!
13 April: Klub aand - Braai by die klubhuis. Bring jou eie vissie / vleisie en kom vang op op al die klub nuus.
27 April – 1 Mei 2007. Visskiet uitstappie per seiljag tussen Richardsbaai en Cape Vidal. Ons hoor daar is so 8 manne wat gaan.
1 Mei – 6 Mei: Sodwana Duik week Ja, die vakansie is om die draai en al die langnaweek akkommodasie is al opgeraap. So ons gaan net na die langnaweek Sodwana toe. RSVP by Lynette so gou moontlik as jy belang stel
19 Mei: Bosberaad vir klub bestuur om die grondwet te herskryf. Laat weet asb. vir Lynette as jy wil help!
15 – 17 Junie: Wondergat Kamp. Ons gaan kamp en duik en lekker koud kry. Kom saam. Dis altyd pret en Eddie en Benita is altyd daar!
Julie een of ander tyd: Chamber Duik. Laas keer het almal op die nippertjie onttrek. Ons het ten minste 10 mense nodig vir hierdie om te realiseer. Laat weet vir Mireille as jy belangste.
19 – 29 Oktober: Rooi See saam met Wetstuff Scuba. Hierdie is nie ‘n offisiële PSA uitstappie nie, maar beslis iets om te oorweeg. Meer inligting en kontak besonderhede by http://www.wetstuff.co.za/

0 Comments:
Post a Comment
<< Home