Wednesday, January 18, 2006

Bass Lake Sondag 22 Januarie



Hi Almal,

Hier is net 'n herinnering aan die Basslake duik van Sondag die 22e Januarie soos in die nuusbrief uitgegee. Basslake is mooi skoongemaak en die bestuur sê dat die sig so om en by 12m is met 'n water temperatuur van 24grade C. Ideale omstandighede om in te duik. PSA het ook een van die Gazebo’s gehuur sodat ons nie doodbrand nie. Kom duik saam of kom kuier saam asb. Ek heg‘n padkaart aan vir die wat nie weet waar dit is nie.

Kostes:
Ingang: R 45 per persoon of R100 vir 3-5 persone in een voertuig

Lugvul: Gratis vir ingeskrewe klublede by PSA klubhuis Vrydag-aand
Of
R25 per vul te Basslake

Bring: Jouself en jou gesin
Duiktoerusting
Braai en drinkgoed

Duik groete, sien julle daar!!!!

Asthore Mostert
PSA Projekte Beampte

0 Comments:

Post a Comment

<< Home