Thursday, January 12, 2006

Vir die volgende uitgawe...

Aangesien jy baie entoesiasties is om die ander klub lede te vertel van jou laaste vakansie, hier is vir jou bietjie struktuur om te help met daardie storie

Voorgestelde Inligting wat voorsien moet word vir "Die Vakansie Argiewe"
* Maar jy hoef nie alles te voorsien nie en ook nie noodwendig in hierdie volgorde nie!
Bydrae deur: Sê asseblief vir ons wie ons in die nuusbrief moet sê hierdie geskryf het.
Plek: Watter plek het jy besoek, gee die oord se naam en enige ander besonderhede wat van belang is.
Datum van Besoek: Sodat mense wat oor tien jaar hierdie website besoek sal weet dat julle bydrae nie heeltemal op datum is nie.
Indrukke: Wat was uitsonderlik lekker / goed of minder goed omtrent jou ervaring.

Die Storie: As jy 'n storie het oor hoe jy 20km moes terug swem strand toe met net een vin, dis hier waar ons die jucy detail soek!
Aktiwiteite: Wat mens daar kan doen of wat julle daar gedoen het en hoe julle dit ervaar het.
Kontak Besonderhede: As die plek 'n web adres het, sal dit goed wees om dit te verstrek. Anders enige ander besonderhede wat ander mense sal toelaat om ook daar te bespreek.

Fotos: Dis altyd lekker om 'n paar fotos te kry wat die punt illustreer. Stuur tot drie fotos in jpeg formaat met 'n kort beskrywing daarby.

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

'n Paar mense het interessante vakansies gehad.

Thursday, January 12, 2006 10:00:00 AM  
Anonymous Anonymous said...

Enige iemand wat hokkie oefen programe het kontak asb vir Eddie

Thursday, January 12, 2006 10:04:00 AM  

Post a Comment

<< Home