Thursday, January 12, 2006

PSA NUUS Nuusbrief 1 van 2006
Januarie 2006
Offisiële nuusbrief van die Pretoria Sub Aqua klub




_________________________________________________________________

Redaksioneel



Dis die tweede week in Januarie en gebruiklik ook min of meer wanneer meeste mense besef dat daar net mooi niks gaan kom van hulle nuwejaarsvoornemens nie. Myne is 1) Om meer onder water te verkeer 2) Om seker te maak die nuusbrief kom gereeld uit. Mbt. voorneme een het ek nog geen vordering gemaak nie – My nuwe kit sit nou al sedert November in die kas. Miskien moet ek dit tog bietjie gaan uitprobeer in Bass Lake op 22 Januarie. Hoop ek sien julle daar!

As jy hierdie nuusbrief lees dan het ek darem nog nie te sleg gevaar op voorneme twee nie. Maar net ingeval daardie een ook die gebruiklike pad van nuwejaarsvoornemens loop, sluit ek maar die beplande datums vir die hele jaar in hierdie nuusbrief.

Net ‘n vinnige herinnering: Onthou asseblief om vir ons foudies te stuur met ‘n kort storie oor waar PSA-lede in Desember was (of dit nou duik, onderwater hokkie, visskiet of opleiding ingesluit het is nie relevant nie). In die eerste aflewering van die vakansie argiewe sal ek julle maar vertel van Ponta Mamoli. Terugvoer sal verwelkom word.

Lief & Leed:

Benita en Eddie is skaars getroud toe kom die nuus dat nog ‘n klub troue op pad is. Geluk aan Stoffel & Veronique met die aankondiging dat hulle binnekort die knoop gaan deur haak.





(Red – ek sien die Divestyle het fotos van half naakte vrouens op die voorblad om sirkulasie te verbeter. Net vir die rekord, hierdie foto is nie vir daardie rede ingesluit nie!)


Nuwe Lede & Klub Navrae

Pretoria Sub Aqua is die enigste onderwater klub in Pretoria wat nie vir winsbejag bedryf word nie. Ons hou van die water en geniet dit om saam met mense met soortgelyke belangstellings te kuier. Kom Scuba saam met ons, speel onderwater hokkie (Jnr en Snr spanne word geakkommodeer) of kom skiet vis saam met ons.

Persone wat betrokke wil raak by PSA, kan gerus enige van die komitee lede kontak met navrae. Of kom woon ons klub aande by om ‘n idee te kry van wat ons presies doen:

Andre Botha – Opleiding (012 332 1664)
Asthore Mostert – Projekte (083 450 3358)
Benita van Wyk – Skakel beampte (082 772 9709)
Eddie Williams – OW Hokkie (082 320 5477)
Fanie Gerber – Toerusting (082 909 2846)
Faure Bosman – Finansies (082 572 9600)
Johan Coetzer – Ondervoorsitter (082 855 9711)
Lynette Bosch – Sekretaresse (082 804 4744)
Marius Kirsten – Kompressor (082 926 0385)
Piet Bosch – Voorsitter (012 333 8109)
Stoffel Bosch – Visskiet (0825505960)

Tentatiewe datums vir opleiding:

Januarie: Een ster kursus
Januarie: Instrukteurs kursus
Februarie: Redding
Feb – Mrt: 3 Ster & DM kursus

Vinnige Ene

‘n Ou is gestrand op ‘n eiland vir 6 jaar toe daar ‘n pragtige blonde vrou met vol SCUBA toerusting uit die water uit gestap kom. Sy vra hom: “Hoe lank is dit sedert jy ‘n sigaret gehad het?” “Ses jaar!” sê hy. Sy reik na ‘n waterdigte kompartement op haar BC en haal ‘n pakkie sigarette uit. Hy vat een, steek dit aan en sug “Sjoe dis fantasties”. Toe vra sy: “Hoe lank is dit sedert jy ordentlike Whiskey gedrink het? Weer sê hy: “6 jaar!” Sy begin aan haar ander BC sak te karring. Sy kom vorendag met ‘n bottel Jack. Die man is in ekstase en kan nie wag om ‘n lekker groot sluk te vat nie. Toe begin sy haar BC uittrek en sy vra hom: Hoe lank is dit sedert jy bietjie pret gehad het? Die man kyk haar ongelowig aan en sê: “Moenie vir my se jy het ‘n playstation ook ingepak nie!”

**********************************************************************************************
Is jou klub lidmaatskap op datum?

Maak seker ons het jou besonderhede en dat jou lidmaatskap fooi deposito gereflekteer is

***********************************************************************************************

........................................................................
Klub Kalender – 2006

Januarie:
13 Klub-aand - Hamburger bring en braai
22 Bass lake duik - Almal wat belang stel, kontak Asthore of Lynette

Februarie:
7 Bestuurs vergadering - Klubhuis
11 Valentyns Bal - Meer inligting volg later
25 Scuba en Onderwaterhokkie klub dag - Hindernis baan, snorkel of scuba, asook onderwaterhokkie wedstyd kyk onder water, bring scuba toerusting saam.

Maart:
10 Klub-aand - Bier en brood kompetisie
24 - 26 Wondergat naweek - Bring ou en nuwe lede

April:
21 Klub-aand - scuba lesing
27-1 Mei - Noordkus duik - Ballito

Mei:
12 Klub-aand - Sop en brood by Lynette se huis
26-28 Klein Kariba naweek - "klub-bou"

Junie:
9 Klub-aand - Games aand by Asthore se huis, bring 'n pizza.
15-18 Lang-naweek Sani-pas 4x4

Julie:
14 Klub-aand - Zanzibar toer belangstellendes, skyfies aand.
21-23 Bosveld-kamp naweek

Augustus:
4 Aliwal naweek - Bus vervoer word gereel.
11 Klub-aand -

September:
8 Klub-aand - bring en braai
24-1 Okt - Zanzibar toer

Oktober:
13 Klub-aand - Vis braai

November:
24 Afsluitings funksie

Desember:
8 Kers-ete
"........................................................................
Skakels

Alles oor Duik veiligheid
http://www.diversalertnetwork.org/

Kry die laaste uitgawe aanlyn
http://www.divestyle.co.za/

Die Vakansie Argiewe

Bydrae deur: Benita & Eddie
Plek: Ponta Mamoli, Mosambiek
Datum van Besoek: 22 -25 Nov 2006
Indrukke: As jy uit die gejaag wil wegkom is hierdie die plek vir jou. Die mense dra jou op die hande en hulle kos is uitstekend. Die lodge is pragtig
Aktiwiteite: Scuba, perdry, swem, lê in die son op die swembad dek, wag vir die son om te sak...
Kontak Besonderhede:
http://www.pontamamoli.com/


Hulle het ons verwelkomings drankies in die hand gestop en ons voorgestel aan die nuutste lid van die ad hoc verwelkomings komitee.

Onder hierdie dak kan mens kuier. Daar is ‘n vol kroeg en ‘n a la carte spyskaart vir Middagete. Duikers ontbyt is verruklik en die drie gang aandete is iets om te beleef. Niks is te veel moeite nie – As jy sushi wil eet dan sal hulle spesiaal die boot uitstuur om vir jou te gaan vis skiet!

Ruim duik sentrum. Jy kit op en jou toerusting verskyn op een of ander wonderlike manier op die boot. En as jy klaar geduik het kan jy maar vergeet van jou toerusting. Iemand sal mooi daarna kyk vir jou.

ooooooooooooooooooooooooooooooooo

Pretoria Sub-Aqua Club

0 Comments:

Post a Comment

<< Home